Roeikuns
Graad 5
DOEL
Om die Penkop en Drawwertjie:
1. Met elementêre kennis toe te rus om eenvoudige watervaartuie veilig te kan gebruik.
VEREISTES
Die Penkop en Drawwertjie moet: 1.
Oor kennis van die volgende beskik:
watter weersomstandighede geskik of gevaarlik is vir roei.
watter riviere en damme geskik is om op te roei.
watter tipe kleredrag geskik is.
watter soort beskerming nodig is.
2. Beskik oor die volgende kennis van die vaartuig:
Die verskil ken tussen ʼn kano, roeiboot, kajak en vlot.
Weet na watter deel van die boot die volgende terme verwys: bakboord, stuurboord, roeimik, lugkas, agterstewe, kiel, roeibank.
3. Weet hoe om veilig in die watervaartuig op te tree:
Korrek kan in- en uitklim en bewus wees van moontlike gevare en skade wat deur foutiewe gebruik veroorsaak kan word.
Weet hoe om in die boot te sit en te beweeg.
Minstens twee ure in ʼn watervaartuig rondroei (nie aaneenlopend nie)
Passende dryfapparaat kan identifiseer, dit korrek aantrek en gebruik.
Bewus wees van die korrekte gebruik van die fluitjie.
4. Kennis maak met ʼn roeispaan en sy gebruike:
Kennis neem van die vorm van ʼn roeispaan en weet hoekom dit so lyk.
Die roeispaan kan hanteer.
Van die volgende vaarreëls kennis neem en verstaan: Hou regs, roeibote kry voorkeur, dan seilbote, dan motorbote, vinnige bote gaan agter stadige bote verby.
5. Versorging van ʼn watervaartuig prakties doen:
Die watervaartuig vasmeer en as groep uit die water haal.
Die watervaartuig en toerusting skoonmaak.
Alle toerusting versorg en berg.
Weet hoe om ʼn watervaartuig op land te hanteer.
6. Prakties vaar by verskeie geleenthede:
Moet tydens evaluering een kilometer ver kan roei.
Moet in staat wees om die watervaartuig te stuur en die nodige bevele vir draai en stop toe te pas.
7. Die volgende oefening moet onder veilige toestande, verkieslik in vlak water, plaasvind nadat die kind ingelig is oor hoe hulle moet optree:
sou ʼn bemanningslid oorboord val.
weet wat om te doen, en dit ook prakties beleef, as die watervaartuig omdop.