Sentraal Penkop & Drawwertjie
Waterwerkkamp
Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp
    16 - 21 Maart 2019

Ons kamp op die oewer van die Vaaldam naby Oranjeville. Ons is die enigste waterwerkkamp vir Penkoppe en Drawwertjies in Transvaal Voortrekkers. Sedert ons hier op De Bank kampterrein kamp stroom groot getalle Penkop en Drawwertjies gedurende die April skoolvakansie hierheen - selfs vanuit die Vrystaat en Natal!!

Vir amper 'n week van lekker vakansie by die water leer ons jeuglede hoe om te roei, te kook, vis te vang, lewens te red, seep en gedroogde vrugte te maak en baie ander aktiwitieite. Somige besoek die Vaaldam se wal, of 'n Botterfabriek, dalk 'n Veeveiling of 'n geskiedkundige Kerk. Daar is selfs van die kentekens wat oor die dam roei om 'n nag in die veld, onder die sterrehemel, deur te bring.

Kentekens wat op die SPD Waterwerkkamp aangebied word is: Paraatheid (Gr.3), Waterfiksheid of Groot Trek (Gr.4), Roeikuns of Varswaterdierekennis (Gr.5), Redding of Varswaterhengel (Gr.6) en Waterbewustheid of Erfgrond (Gr.7).

Offisiere bly ook nie vergete nie. Hulle geniet die wegbreek net so baie en hulle het weer hulle eie pret.

Die doel van SPD Waterwerkkamp is om aan ons Penkoppe en Drawwertjies die geleentheid te bied om van nader kennis te maak met die lewe in en om varswater.

  Divisies
  Verskeie spesialisasies word in graadverband aangebied.
 
   
 
Kampbrief en Vorms
Kampbrief
Inskrywingsvorm Jeuglid
Inskrywingsvorm Volwassenes
Kommando Opgaaf
 
 
 
Terrein
DE BANK Voortrekkerkampterrein
De Bank is by die Vaaldam, naby Oranjeville in die Vrystaat (ongeveer 200 km vanaf Pretoria)
 
S 26° 57′ 45.0″  O 28° 13′ 04.7″
 
Kry aanwysings
Kontak inligting      
 
Kampleier
Gawie Naudé
083 479 5582
 
kampleier@spdw.co.za
 
Administrasie
Marietjie Bodenstein
083 721 0093
 
admin@spdw.co.za
     
Lees Meer