Sentraal Penkop en Drawwertjie Waterwerkkamp
    16 - 21 Maart 2019
 
   
  Die Kok  
  Graad 3  
Divisieleier
Denise Herbst
 
 
 
 DOEL
Om die Penkop en Drawwertjie:
1. Toe te rus om met selfvertroue en gemak in die kombuis op te tree.
2. Te leer om eenvoudige geregte voor te berei en te bedien.
3. Kombuisvaardighede soos sny, rasper, skil, en klits aan te leer.
4. Bewus te maak van die gevare in die kombuis.

VEREISTES
Die Penkop en Drawwertjie moet:
1. ‘n Ligte ete voorberei deur EEN van die volgende geregte te maak:
 ‘n Frikkadelbroodjie (Hamburger) geurig voorberei met oondgebakte skyfies.
 Macaroni-en-kaas gereg.
 Franse braaibroodjie met gerasperde kaas.
 Worsbroodjie (braai die wors self) met oondgebakte skyfies.

2. Tafel dek vir vier persone en die servette mooi vou of versier.
3. ‘n Klein tafelrangskikking / versiering maak.
4. ‘n Warm melkdrankie maak en na ete bedien.
5. ‘n Tafelgebed doen.
6. Weet hoe om ‘n geringe brandwond te behandel.
7. Opruim:
 Voorraad wegpak.
 Skottelgoed was en wegpak.
 Eetkamer opruim.